54 lines
3.0 KiB
HTML
54 lines
3.0 KiB
HTML
<P ALIGN=CENTER><B>Opdrag elemente</B></P>
|
|
|
|
<P>Om evaluasie te vergemaklik, moet elke opdrag 'n paar "Opdrag
|
|
Elemente" bevat. Elke element handel oor 'n sekere aspek van die opdrag .
|
|
'n Tipiese opdrag sal tussen 5 en 15 elemente hê vir kommentaar en evaluasie,
|
|
dit sal afhang van hoe ingewikkeld en hoe lank die opdrag is. 'n Klasgenoot
|
|
opdrag met net een element word toegelaat en is dieselfde as 'n standaard Moodle
|
|
opdrag.
|
|
|
|
<P>Die tipe elemente hang af van die opdrag se evaluasie strategie.
|
|
|
|
<P><B>Geen evaluasie.</B> Elemente beskryf aspekte van die opdrag. Die persoon
|
|
wat die opdrag evalueer moet op al die aspekte kommentaar lewer. Soos met alle
|
|
strategië is daar 'n plek vir algemene kommentaar.
|
|
|
|
|
|
<P><B>Akkumulatiewe evaluasie.</B> Die elemente het die volgende kenmerke:
|
|
<OL>
|
|
<LI>Die BESKRYWING van die element. Dit moet duidelik stel watter aspek van die
|
|
opdrag word geevalueer. As die evaluasie kwalitatief is, is dit behulpsaam om
|
|
te sê wat word beskou as Uitstekend, Gemiddeld of Swak .
|
|
|
|
<LI>Die SKAAL van die element. Daar is 'n paar gedefinieerde skale. Daar is van
|
|
eenvoudige Ja/Nee skale, tot meervoudige skale tot volle persentasie skale.
|
|
Kies die skaal om aan te pas by die aantal variasies wat die element kan hê.
|
|
Let Wel: die skaal bepaal nie die element se gewig met die bepaling van die
|
|
finale punt nie, 'n 2 punt skaal tel dieselfde as 'n 100 punt skaal as hulle
|
|
dieselfde gewig het...
|
|
|
|
<LI>Die GEWIG van die element. Met verstek word dieselfde gewig toegeken aan al
|
|
die elemente met die berekening van die finale punt. Dit kan verander word
|
|
deur belangrike elemente 'n gewig te gee meer as een, en minder belangrike
|
|
elemente 'n gewig minder as een. Om die gewig te verander, verander nie die
|
|
maksimum van die totale punt nie, die waarde word bepaal deur die MAKSIMUM
|
|
PUNT stelling by die klasgenoot opdrag. Gewigte kan 'n negatiewe gewig kry
|
|
(daar word nog ge-eksperimenteer met die stelling).
|
|
</OL>
|
|
<P><B>Aspekte wat ingesluit moet word.</B> Die elemente sal items of aspekte
|
|
beskryf wat ingesluit moet word by die opdrag. Die evaluasie word gebaseer op die
|
|
feit dat elemente ingesluit is of nie. Die onderwyser moet 'n tabel opstel met
|
|
voorgestelde punte wanneer al die aspekte ingesluit is, as een nie ingesluit is
|
|
nie, as twee nie ingesluit is nie, ens. As party items belangriker is as ander
|
|
kan hulle 'n gewig kry van groter as een. Minder belangriker items kan 'n
|
|
gewig kry van minder as een. Die totale "fout optelling" is die som
|
|
van die gewig van alle items wat weggelaat is. Die persoon wat die werk evalueer
|
|
kan altyd klein verstellings maak aan die gewig.
|
|
|
|
<P><B>Evaluasie kriteria.</B> Die elemente sal elk 'n stel "vlak"
|
|
stellings hê wat gebruik kan word om die opdrag mee te evalueer. Die stellings
|
|
kan akumulatief wees of self behoudend. Die evalueerder moet besluit watter
|
|
stelling pas die beste by die opdrag. Die onderwyser moet vir elke stelling 'n
|
|
punt gee. Dit sal normaalweg in rangorde volg. Die evalueerder kan klein
|
|
verstellings maak aan die punte.
|
|
</P> |